untitled design (23)

Die skool vir die toekoms

Die begin van jou kind se skoolloopbaan is ‘n groot en opwindende stap. By Laerskool Nelspruit streef ons daarna om elke nuwe Nellie vinnig tuis en veilig te laat voel. Ons is opgewonde om hierdie pad saam met julle te stap.

Nuwe aansoekvorms word jaarliks by ons Opedag vrygestel en is daarna aanlyn sowel as by die skoolkantoor beskikbaar. Alle aansoeke vir 2027 moet ons voor of op 31 Augustus 2026 bereik.

Graad 1

Hierdie afdeling is vir ouers wie se kinders met hulle Laerskoolloopbaan begin.

Ouderdomsvereistes:

  • Verpligtend (7 Jaar): Kinders wat gedurende die jaar sewe (7) jaar oud word, is wetlik skoolpligtig en moet vir Januarie ingeskryf word.

  • Opsioneel (6 Jaar): Kinders wat voor 30 Junie ses (6) jaar oud word, mag ook ingeskryf word.

Aansoekproses:

Die volgende dokumente moet by die kantoor ingehandig word:

Maak asseblief seker u het gesertifiseerde afskrifte (nie ouer as 3 maande nie) van die volgende dokumente:

  • Aansoekvorm volledig ingevul en deur albei ouers/voogde onderteken.

  • ID foto van leerder.

  • Leerder geboortesertifikaat.

  • Bewys van immunisasie.

  • Nuutste vorderingsverslag
  • ID-dokumente van albei ouers of voogde.

  • ‘n Amptelike bewys van u woonadres (bv. ‘n munisipale rekening of huurkontrak).

Graad 2 - 7

Hierdie afdeling is vir ouers wie aansoek doen vir leerder in Graad 2 -7.