LAERSKOOL
NELSPRUIT
Die skool vir die toekoms
Intermediêre- en Seniorfase Akademie: Primêre doel en grondslag vir uitnemendheid
Akademiese Uitnemendheid en Innovasie
By Laerskool Nelspruit sien ons akademie as ‘n reis van ontdekking. Ons doel is nie net om kennis oor te dra nie, maar om ‘n natuurlike nuuskierigheid en ‘n liefde vir leer by elke kind te kweek. Ons bied ‘n ryk leeromgewing waar elke leerder die vryheid en die ondersteuning het om hul eie unieke talente te ontdek en verken.
Passievolle Vakspesialiste: Ons onderwysers is nie net kenners in hul vakgebiede nie; hulle is mentors wat leerders aanmoedig om vrae te vra, krities te dink en aktief aan lesse deel te neem. Aktiewe en ervaring gebaseerde leer – projekwerk, kreatiewe aktiwiteite, maak kennis relevant.
Toekomsgerigte Leer: Ons verryk ons kurrikulum met vakke soos Robotika en Rekenaartoepassing, waar leerders leer om probleme op te los en kreatief te dink – vaardighede wat hulle vir die res van hul lewens sal bybly.
Meetbare Standaarde: Ons neem deel aan eksterne, nasionale assesserings en Olimpiades (soos Conquesta en Netwerk 24 Wiskunde Kompetisie) om seker te maak ons onderrig bly op ’n nasionale standaard, maar ons gebruik dit as ’n instrument om groei te meet en leerders uit te daag, eerder as om net op prestasie te fokus.
Geleenthede vir Verkenning en Verryking: Ons maak leer lewendig en relevant deur inisiatiewe soos ons Wiskunde- en Wetenskapweek, akademiese uitstappies en die “Drop All and Read”-program. Weeklikse Wiskunde-kopkrappers, asook spesiale Taal- en Karakterdae, sorg dat leerders voortdurend uitgedaag word om nuuskierig te bly en hul wêreld op ’n praktiese manier te ontdek.
Eksklusiewe Digitale Leerplatforms
Laerskool Nelspruit is die voorloper wanneer dit kom om leer met tegnologie relevant en interaktief te maak:
Nellies se eie aanlynklaskamer: Ons eie, unieke platform vir Graad 4 – 7 Wiskunde. Dit is die enigste van sy soort in die provinsie en bied 24/7 ondersteuning aan leerders.
Wolkskool: Ons is die enigste skool in Mbombela wat van hierdie wêreldklas leerplatform gebruik maak.
Tegnologie in die Klas: Klaskamers is toegerus met hoë-tegnologie hulpmiddels soos Elmo-visualiseerders, stylus-skryftablette, Smartboards en wiskunde-visualiseringsagteware.
Holistiese Ondersteuning en Intervensie
Ons verstaan dat leerders teen verskillende tempo’s beweeg. Ons “geen-leerder-bly-agter”-plan sluit in:
Gratis Ondersteuningsklasse: Weeklikse intervensiesessies in die drie hoofvakke.
Individuele Ondersteuning: Addisionele oefenmateriaal, her-onderrig en diagnostiese hulp in die klaskamer.
Eksamenakkommodasie: Voorsiening vir leerders wat spesifieke ondersteuning tydens assesserings benodig.
Akademiese Toere: Eksklusiewe blootstelling vir ons Top 10-presteerders (Gr. 5–7) om hul akademiese horisonne te verbreed.
Voorbereiding vir die Toekoms
Die skuif vanaf een fase na die volgende is ’n groot stap. Ons maak dit makliker deur:
Studiemetode-kursus: Alle Graad 4-leerders ontvang formele opleiding in effektiewe studievaardighede en gewoontes.
Selfstandigheid: Ons kweek 21ste-eeuse vaardighede soos probleemoplossing, samewerking en aanpasbaarheid.
Hoërskool-gereedheid: Gereelde skakeling met hoërskole verseker dat ons kurrikulum perfek aansluit by wat op leerders wag.
Assessering, Huiswerk en Kommunikasie
Ons glo aan ‘n deursigtige vennootskap met ouers:
Assessering: Formele take word na moderering huis toe gestuur sodat ouers vordering kan monitor. Ouers word onmiddellik gekontak indien uitdagings opduik.
Huiswerk: Ons volg ‘n navorsingsgebaseerde benadering waar huiswerk relevant is tot die leerder se ouderdom, met die fokus op inskerping en oefening.
Ouerbetrokkenheid: Kwartaallikse oueraande en inligtingsessies verseker dat ons hand-aan-hand saam met die gesin werk.
Erkenning en Motivering
Ons vier sukses op alle vlakke:
Akademiese Top 10: Kwartaallikse erkenning vir presteerders in Graad 5–7.
Meriete-toekennings: ’n Prestige-geleentheid aan die einde van die jaar om harde werk en deurlopende prestasie te eer.















