untitled design (7)

Die skool vir die toekoms.

Wie is Laerskool Nelspruit

l4853(4604)

Laerskool Nelspruit skep ‘n veilige omgewing waar kinders geborge voel en op gebalanseerde wyse kan ontwikkel met die ondersteuning van kundige personeel en betrokke ouers.

There are two gifts we should give our children; the one is roots and the other is wings.

Met hierdie beginsels as basis, is Laerskool Nelspruit primêr ‘n opvoedkundige instansie gegrond in die verskaffing van moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan al ons kinders. Ons strewe is om te verseker dat hoë gehalte onderwys deur vakspesialis en vakspesifieke opvoeders in top gehalte fasiliteite aangebied word. By Laerskool Nelspruit glo ons dat kinders moet speel, ontdek en leer.

Met die diversiteit in die Suid Afrikaanse onderwysstelsel, is dit vir u, as ouer, uiters belangrik om die regte keuse te maak ten aansien van die skool waar, u kind sy of haar skoolloopbaan gaan aanpak.

Laerskool Nelspruit besef dat u kind u kosbaarste besitting is en dat net die beste vir hom of haar goed genoeg sal wees. In ons 110de bestaansjaar, geloods onder die tema “Hoop en dien”, bly ons daartoe verbind om elke leerder doelgerig vir ‘n ewig veranderende toekoms voor te berei. Ons besef egter dat hierdie visie nie vanself realiseer nie — dit vra doelbewuste optrede, volgehoue toewyding en ’n kultuur van diensbaarheid.

Hope – the mindset that tomorrow can be better than today.

Willingness to serve – the action of turning hope into reality.

Dit verseker ’n gebalanseerde ontwikkeling waar akademie, sport, kultuur, geestelike groei en sosiale vaardighede hand aan hand ontwikkel. 

untitled design (20)

Die Nellie Leefwyse

“Teaching kids to count is fine, but teaching them what counts is best” – Bob Talbert.

Mutual respect and good manners are core values in everyday life, it shows consideration and acceptance of others. Simple acts like saying “please” and “thank you” go a long way towards fostering positive interactions. Greeting one another, being polite and courteous creates a pleasant atmosphere and builds strong relationships.

In ons strewe om in alles wat ons doen die vaandel van uitnemendheid te laat wapper besef ons deurlopend dat daar ‘n duidelike en volhoubare balans moet wees tusesn kurrikulêre- sowel as buite- kurrikulêre aktiwiteite. 

Laastens verseker ons u dat ons verbind bly tot die skep van ’n veilige omgewing, waar kinders geborge voel en waar hulle op ’n gebalanseerde wyse kan ontwikkel, met die ondersteuning van spesialis personeel, in vennootskap met ons betrokke ouers en gemeenskap.

Ons streef elke dag daarna om aan ons kinders topklas geleenthede te bied om te ontwikkel, deel te neem, te presteer en die lewe te vier, saam met al die uitdagings wat daaglikse kindwees meebring.

Ons verwelkom u graag in ons Nellie-gemeenskap.

110 With Outline Scaled 768x768